Dink eers mooi daaroor. As hy sy regte afteken kan jy nooit onderhoud vra nie. Jy voel dalk nou jy wil niks he nie maar jy weet nooit oor 'n paar jaar van nou af nie. Hou moed ek het 'n 14 maande ou baba, die pa betaal ook niks en hy is in en uit sy lewe. Hy't nie eers vir sy eerste verjaarsdag partjie opgedaag nie. As hy nie bereid is om 'n "parental plan" saam met jou op te stel nie met vaste en gereelde tye dan laat hom nie toe nie.